Hoe gemaak met e-afval?


Hoe raak mens ontslae van jou rekenaar en ander e-afval op so omgewingsvriendelike manier moontlik?

E-afval sluit in rekenaars, selfone, tablette en ook alle toerusting wat by ‘n kragprop ingeskakel word soos wasmasjiene, yskaste en so meer.

Luister vanoggend na die gesprek op Oggend op RSG.

Waar kan jy dit aflewer?

  • As jy in die Wes-Kaap is, kan jy dit Saterdagoggend in Somerset-Wes oorkant die munisipale geboue gaan aflaai. Vir meer inlitging kontak Annatjie by 079 188 0522 of stuur ‘n e-pos aan somersetwesnw@gmail.com.
  • Cape E-waste het herwinningshouers by alle Makro winkels.
  • Google E waste South Africa en jy sal verstom wees oor hoe baie plekke jou e-afval sal neem.

En hoe kan dit herwin word?
Cape E-waste herwin e-rommel. Hulle maak dit fyn en herwin dit dan. Die waarde van die afval lê die metale in die middel van die produkte. Die plastiek moet eers verwyder word om by die metale uit te kom.
Hul facebook bladsy: https://web.facebook.com/capeewaste/?_rdr