‘Hoe verklaar jy dit?’ is topverkoper

‘Hoe verklaar jy dit?’ is topverkoper


hoe-verklaar-jy-dit_lrRSG se boek Hoe verklaar jy Dit? is besig om skoonskip te maak met verkope! Die goeie nuus is dat Hoe verklaar jy dit? die afgelope tyd die nommer 1-verkoper van alle boeke in Suid-Afrika is. Dit sluit in van alle kategorieë, ook internasionale titels.

Mense vra steeds na die boek en die uitgewer, Penguin, het nou besluit om nog te druk, so daar is nou weer eksemplare in die winkels beskikbaar, betyds vir die kerskous dalk? Of sommer vir jouself.

Magdaleen Krüger, Stasiebestuurder van RSG, sê sy is besonder in haar skik met die verkope van só ‘n tipe boek, want dit dui daarop dat mense nog belangstel in die omgewing waarin hulle leef en in hoe dinge in die natuur en die wetenskap werk.   “Dit is verder vir my ‘n riem onder die hart dat ons luisteraars nog goeie, substansiële boeke soek en aankoop.”

Só het ons die boek op 14 Oktober op die webblad bekend gestel:

Hoe verklaar jy dit? is sekerlik een van die leersaamste programme op RSG. Op hierdie program kan jy hoor hoekom bye nie oor water vlieg nie, hoekom jy gaap as jy vaak of verveeld is, óf voëls agteruit kan beweeg, waarom koeie meer koolstof as motors produseer, watter deel van jou braavleisvuur as as agterbly en wat van die res van die hout word.

Hierdie en nog baie ander interessante vrae en antwoorde is nou in in boekvorm saamgevat. Die interessante vrae en antwoorde wat hierin opgeneem is, sal ongetwyfeld jou algemene kennis verbreed. Hoe verklaar jy dit? is ’n nuttige naslaanbron vir leerders en studente, dit sal afgetredenes besig hou en iets beteken vir almal tussen-in.

Van Suid-Afrika se voorste wetenskaplikes het oor die jare aan die RSG-program Hoe verklaar jy dit? deelgeneem en die huidige span beantwoord nog getrou elke Sondagoggend luisteraars se vrae oor die mens, die natuur en die wetenskap.

Sover as wat ons kon vasstel, is die eerste Hoe verklaar jy dit? op Sondag 7 Januarie 1979 om kwart oor nege die aand uitgesaai, met Gustav Pienaar as aanbieder.

Die inhoud van hierdie boek is ’n keur uit vrae en antwoorde van die afgelope 37 jaar se Hoe verklaar jy dit? Mag die boek jou oneindig verryk en vermaak.

Luister hier na die bekendstelling vam die boek op lug.

En só vertel RSG van die boek Hoe verklaar jy dit?

hoe-verklaar-fb-post4-620x600Na 37 jaar op die lug, het Hoe verklaar jy dit? ’n instelling op RSG geword. Luisteraars van verskillende generasies se siening van ons wêreld het beslag gekry deur die interessante feite wat in dié program behandel is. Penguin en RSG het nou die fassinerendste vrae en antwoorde byeen laat bring in boekvorm. Hoe verklaar jy dit? die boek is nou beskikbaar. As jy ooit gewonder het of dit werklik moontlik is om ondergrondse water met ’n mikstok op te spoor, sal jy die antwoord in Hoe verklaar jy dit? vind. Of kom hoor watter dier volgens ons kundiges die slimste is. Dit en nog vele ander interessante vrae word in die boek beantwoord. Hoe verklaar jy dit? bied leesstof wat nuuskierige agies en weetgieriges van alle ouderdomme vir baie lank besig gaan hou. Beskikbaar by alle goeie boekwinkels en as eboek.

hoe-verklaar-fb-post2-620x600Na 37 jaar op die lug, het Hoe verklaar jy dit? ’n instelling op RSG geword. Luisteraars van verskillende generasies se siening van ons wêreld het beslag gekry deur die interessante feite wat in dié program behandel is. Penguin en RSG het nou die fassinerendste vrae en antwoorde byeen laat bring in boekvorm. Hoe verklaar jy dit? die boek is nou beskikbaar. As jy ooit gewonder het hoe ’n dubbeldoor ontstaan en of daar twee kuikens uit so ’n eier kan broei, sal jy die antwoord in Hoe verklaar jy dit? vind. Of kom lees hoe verduidelik ons kundiges waarom jy swaarder weeg wanneer jou badkamerskaal op ’n dik mat staan. Hoe verklaar jy dit? bied leesstof wat nuuskierige agies en weetgieriges van alle ouderdomme vir baie lank besig gaan hou. Beskikbaar by alle goeie boekwinkels en as eboek.

Na 37 jaar op die lug, het Hoe verklaar jy dit? ’n instelling op RSG geword. Luisteraars van verskillende generasies se siening van ons wêreld het beslag gekry deur die interessante feite wat in dié program behandel is. Penguin en RSG het nou die fassinerendste vrae en antwoorde byeen laat bring in boekvorm. Hoe verklaar jy dit? die boek is nou beskikbaar. As jy ooit gewonder het hoe hadidas wurms onder die grond met behulp van hul snawels opspoor, sal jy die antwoord in Hoe verklaar jy dit? vind. Of kom lees hoe verduidelik ons kundiges hoe swaartekrag werk. Hoe verklaar jy dit? bied leesstof wat nuuskierige agies en weetgieriges van alle ouderdomme vir baie lank besig gaan hou. Beskikbaar by alle goeie boekwinkels en as eboek.