Hoe werk dit?


Ek is maar nog altyd iemand wat wil weet wat gaan agter die skerms aan, hoe werk dinge en wat gebeur as…? Daarom is ek ‘n gereelde luisteraar na die reeks kort programme Hoe werk dit? op RSG.

Dit word Maandagaande 20:00 uitgesaai.  Alle programme van Hoe werk dit? wat reeds uitgesaai is, is op potgooi beskikbaar. So, gaan soontoe en luister gerus weer daarna.

Wat is tot dusver vir my die interessantste, hoor ek jou vra?  Wel,  die episodes Hoe werk ‘n strokiesverhaal?, Hoe werk ‘n helikopter en Hoe werk sonkrag? Ag, eintlik het ek al by elke program iets nuuts geleer.

Gaan gerus na http://rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=347 en gaan luister na die programreeks Hoe werk dit? Jy sal nooit te jonk of te oud wees om iets te leer nie.