Hoekom wil ek so graag sy wange knyp?


Fraai baba’s en oulike diertjies ontlok dieselfde respons. Party mense kraai en koer. En party wat hulle graag drukkies gee en wange knyp.

Die ewig-ywerige navorsers het uitgevind dat mense wat sterk reageer op fraai diere en mense, ook geneig is om “meer aggressiewe gedrag” te toon, soos om wange te knyp of om styf vas te druk.

Maar waarom? was die vraag. Waarom koer en glimlag, terwyl ander wil ook druk of knyp (iets, wat as jy dit aan ‘n grootmens sal doen, jou waarskynlik ‘n klap of ‘n vuishou sal besorg). Die teorie is dat die gedrag die emosionele, opgewonde reaksie ’balanseer’ met ’n ’aggressiewe’ gebaar. Dieselfde beginsel geld wanneer jy huil van die lag, of lag as jy senuagtig is.

Dieselfde mense het borrelplastiek (’bubble wrap’) se borreltjies meer ywerig stukkend gedruk toe hulle foto’s van oulike diere gewys is, as met ouer diere. Met ander woorde, as mense die kans gehad het om iets te druk terwyl hulle die oulike prente gewys is, hulle dit wel sou doen.

Lees ook: hoekom vind ons diere so oulik?

Verstommend. Wat sal hulle tog volgende uitvind?