Hoes gaan jy hoes


Dis daardie tyd van die jaar wat mediese fondse besluit hoe hulle gewone mense siek gaan maak. Dit gebeur gewoonlik in die somer wanneer mense nie so siek is nie en met fondse se oë stewig op die winter wanneer hulle begin oes.
Die gewone salaristrekker sukkel om kop bo water te hou met ‘n verhoging van 6% wat net-net tred hou met inflasie. Tog voel mediese fondse hulle kan nie die balju van die deur af hou as hulle nie premies met tot 10% verhoog nie. Dit bring belangrike vrae vir elkeen. Is jy te arm om siek te word? Is gesondheid net die rykes beskore? Hoe is dit moontlik dat siekefondse hul tariewe tot dubbel die inflasiesyfers kan opstoot sonder dat iemand ingryp?
Boonop word voorspel dat dit volgende jaar selfs nog erger kan gaan. Die skemas pas ondanks die verhogings nie voordele aan nie en verminder dit selfs. Mediese Fondse kla dat jongmense nie lede van mediese fondse word nie en hul lidmaatskap dus nie vergroot nie. Jongmense sal egter graag lede wil word, maar dis te duur vir hulle.
Wat ookal die antwoord – jy gaan hoes. (Sake24)