Regstreekse uitsending van ‘n ruimtewandeling


Terwyl jy hierdie storie lees is ruimtevaarders Scott Kelly en Kjell Lindgre besig om die termiese dekking oor hulle donkermaterie-aanwyser te trek en ‘n stuk termiese insulasie te verwyder. Dit sal hulle omtrent ses ure neem. Wat het jy vandag gedoen?

Die twee ruimtevaarders is buite die Internasionale Ruimtestasie om opgraderingswerk te doen aan die ruimtestasie en die Alfa Magnetiese spektrometer, ‘n partikel-opspoorder wat aan die ruimestasie geheg is. Die ruimtewandeling is die 189e vir die ruimtestasie en die 32ste vir die VSA. Dis die eerste keer dat jy ‘n ruimtewandeling kan volg terwyl dit plaasvind.

Net om vir jou ‘n voorsmakie te gee, is hier ‘n paar foto-snitte uit die video, maar onthou, wanneer jy kyk, sal dit anders lyk.

Die ruimtevaarder op ‘n stellasie

Die ruimtevaarder op ‘n stellasie

Die suurstofsilinder op die ruimtevaarder se rug is nou duidelik sigbaar

Die suurstofsilinder op die ruimtevaarder se rug is nou duidelik sigbaar

Deur die oë van die ruimetvaarder - sy hand is links onder te sien.

Deur die oë van die ruimetvaarder – sy hand is links onder te sien.

Die ruimtevaarder aan't werk in die ruimte

Die ruimtevaarder aan’t werk in die ruimte

ruimte5

 

Onthou om Sondagaande – 19:40-20:00 in te skakel op Sterre en planete met Hennie Maas.