Oktober potgooie: Regsake, Gesond, Groeipyne en meer


Hiermee ‘n paar programme wat ons aan die praat gehad het:

Regsake: Hoe registreer jy ‘n handelsmerk, ‘n industriële model en hoe beskerm jy jou outeursreg op ‘n liedjie of gedig wat jy geskryf het? Luister weer na die program aangebied deur Igna Klynsmith.

Groeipyne: Potjielesse, toiletmaniere en bednatmaak kan seepglad verloop of ‘n drama wees. Luister weer na die program aangebied deur Johan van Lill.

Gesondheid op RSG: 
Die eerste aflewering in die reeks ‘Die A-Z van Borskanker’. Marí Hudson gesels met met ‘n kenner oor mammogramme, die stadiums van borskanker en hoe dit versprei. Luister weer.

Wie is ek? Louis & Lise gesels oor bipolêre versteuring, ‘n sielkundige toestand wat duisende mense se lewens daagliks direk, of indirek raak. Luister weer.

Doen jou eie ding: Ryk van Niekerk kyk elke vierde Dinsdag van die maand na die wenresepte van suksesvolle entrepreneurs. Luister weer.