Man, hierdie toring kuier lekker!


Die wêreld het nogal ‘n ophef gemaak van Gustave Eiffel toe sy gelyknaminge toring in 1889 oopgestel is. Dit was egter net die begin: kort daarna het dit aan die lig gekom dat hy vir homself ‘n klein woonstel net onder die hoogste punt op die toring ingerig het (en in die proses sy sosiale status onder die Paryse elite verseker het).

Die woonstel is net onder die derde (boonste) vlak van die toring. Dis klein, tog gemaklik versier met muurpapier, houtkabinette en selfs ‘n klavier wat nogal ‘n atmosfeer skep 300 meter in die lug. Reg langs die woonstel is ‘n labrotorium met ekserimentele toerusting uit daardie era.

Die nuus van die woonstel het soos blits deur die Paryse deftige kringe versprei en Eiffel het verskeie buitensporige aanbiedinge gekry om die plek te verhuur, al was dit net vir een nag. Tot sy krediet het hy alle aanbiedinge van die hand gewys en die ruimte gebruik vir besinning en om ‘n paar uitgelese gaste soos Thomas Edison te onthaal – wie sou nie?

Nadat dit jare lank afgesper was, is die woonstel onlangs weer aan die publiek oopgestel. Die meubels is grootendeels behou soos wat dit was; met ietwat vreemde afbeeldings van Eiffel en Edison, en al. Vir meer oor die toring en Eiffel klik hier.