Meningitis: die siekte waar die bakterie gevaarliker is as die virus

Meningitis: die siekte waar die bakterie gevaarliker is as die virus


Meningitis is die mediese woord vir breinvliesontsteking. Dit beteken die drie lae van vliese om die brein en rugmurg ontsteek en is dus geswel en beide die swelling en infeksie kan die brein self tydelik of blywend beskadig.

Meningitis kan in twee hoofgroepe verdeel word, naamlik chroniese meningitis en akute meningitis.

  • Akute meninigitis word hoofsaaklik deur twee organismes veroorsaak: een van verskeie bakterieë of een van verskeie virusse,
  • terwyl chroniese meningitis gewoonlik die komplikasie-infeksie is van ‘n ander infeksie soos veral TB, HIV of Herpes.

Akute meningitis kan binne 24 uur noodlottig wees indien dit deur ‘n bakterie veroorsaak word en nie baie vinnig gediagnoseer en behandel word nie, verduidelik dr. Jantjie Taljaard, hoof van Infeksiesiektes aan die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal Woensdag 22 Junie 2016 om 11.30 in Gesondheid op RSG. Luister hier na die volledige program.

Die breinvliese
meningitisDie brein het drie breinvliese, die buitenste Dura Mater, die middelste Arachnoid Mater en die binneste Pia Mater. Almal is styf teen mekaar en as hulle ontsteek, ontsteek die naasliggend brein.
Voorts veroorsaak die swelling van die breinvliese tydens ontsteking, dat daar drukking op die brein is. Beide die ontsteking en swelling kan breinskade veroorsaak.

Hoe lyk die bakteriëe en virusse wat meningitis veroorsaak?
Die algemeenste bakteriëe en virusse wat meningitis veroorsaak is:

  • Die gevaarlike bakterie wat meningokokkokale meningitis veroorsaak, is die Neisseria meningitidis bakterie. Dit lyk soos twee halwes wat aanmekaar vassit.
    meningitis-2
  • Die pneumokokkus bakterie
    16880_lores
    Pneumococcal-Meningitis-sy
  • Die Haemophilus influenzae tipe b (Hib)  bakterie
    B220877-Haemophilus_influenzae_bacteria_342x198
  • Die enterovirusse soos die Coxsackie virus (onder)
    2-coxsackie-b3-virus-particle-laguna-design

    Die Herpes virus:
    Herpesvirus-tegning-NDLA-824x549


Die simptome van meningitis

help_meningitis
Graphics_Symptoms_of_Meningitis-2

So lyk die bloedings-uitslag wat tipies is van meningikokkale meningitis

So lyk die bloedings-uitslag wat tipies is van meningikokkale meningitis