Migraine: daar is hoop


13803462_m Hoofpyn is sekerlik een van die algemeenste pyne wat Homo Sapiens kan ervaar. Bitter min volwassenes het nie al minstens een keer in hul lewe een of ander soort hoofpyn ondervind nie. Meestal is ‘n aspirien, parasetamol of ‘n ibuprofen pilletjie voldoende om die hoofpyn onder beheer te bring. Maar erge migraine, troshoofpyn en spanningshoofpyn kan ‘n mens se kwaliteit van lewe benadeel.

Volgens een van Suid-Afrika se groot hoofpynkenners, dr. Elliot Shevel, mediese direkteur van die Headache & Migraine Clinic in Johannesburg, is dit belangrik om die oorsaak van die hoofpyn te bepaal en dan die oorsaak te behandel. Hy het vasgestel dat migraine nie deur rekking van slagare binne-in die brein veroorsaak word nie, maar klein slagaartjies onder die kopvel. Afklamping van die klein slagaartjies genees die lyer van migraine.

Volgens dr Shevel word die meeste hoofpyne deur of rekking van slagaartjies of spiersametrekkings veroorsaak.

Luister hier na die program waar hy meer oor migraine, troshoofpyn, spanningshoofpyn en terugslaghoofpyn verduidelik.

Toets ook jouself om vas te stel tot watter mate jou hoofpyn jou lewenskwaliteit benadeel. Klik hier.