Só help nanotegnologie laaste tamatiesous uit die bottel

Só help nanotegnologie laaste tamatiesous uit die bottel


Mors jy gereeld koffie op jou enigste withemp? Of probeer jy tevergeefs, met allerhande truuks om die laaste bietjie uit ‘n bottel te klap? Dié probleem is binnekort, te danke aan nie-kleef-nanotegnologie, iets van die verlede.

nie_kleef_Tamatiesousbottel 2Nanotegnologie maak gebruik van nanopartikels, deeltjies onsigbaar vir die blote oog en ‘n miljoen keer kleiner as ‘n suikerkorrel. Maar of jy dit nou kan sien of nie, dit kan enige druppel soos water van ‘n eend se rug uit ‘n bottel of van jou gunsteling hemp laat afgly.

Op die foto links is ‘n nie-kleef tamatiesousbottel.

Esté Gross het meer uitgevind oor nanotegnologie wat al hoe meer ons wêreld gaan verander. Sy het met dr. Manfred Scriba, hoof tegnoloog en navorser van die Nano-Tegnologie Sentrum vir Innovasie van die DST-WNNR gepraat.

Luister hier na die insetsel:

Leer meer oor nanotegnologie

  1. Só werk nanotegnologie. Klik hier.
  2. Hier is meer inligting oor nanotegnologie: https://en.wikipedia.org/wiki/Nanotechnology
  3. Kyk na dié video oor die gebruik van nanopartikels in omgewingsake en gesondheidsaspekte.
  4. Kyk dié video wat wys hoe nanotegnologie jou hemp hidrofobies maak sodat niks daaraan vaskleef nie.

4. Dié video wys hoe nanotegnologie jou help om die laaste bietjie inhoud uit ‘n houer te kry: