Nog ‘n skakel in ons voorsaat-ketting ontdek


‘n Nuwe spesie hominien is by die Wieg van die Mensdom bekendgestel. Homo naledi lyk volgens wetenskaplikes anders as enige ander fossiele wat tot op hede ontdek is. Dié spesie het nagenoeg 3.7 miljoen jaar gelede die aarde bewandel. Kennis oor die spesie sal die mens help om beter te verstaan wie ons is en waar ons vandaan kom, berig Monitor en Spektrum.
Luister na die onderhoud oor die ontdekking.
1662092_445796028926652_8404699714543229634_n

Prof. Lee Burger van Wits oor die Naledi-ontdekking: “We have just met a new species of human relative that deliberately disposed of its dead. Until this discovery we thought that ritualised behaviours directed towards the dead, things like burial, was totally unique to Homo sapiens. It perhaps in fact identified us. It may have been our singularly unique thing. We saw ourselves as different. We have now seen a species with the same capacity and that is an extraordinary thing.”
Besoek gerus Monitor en Spektrum se Facebook bladsy.

Lees dié baie insiggewende artikel met sketse en fotos in die National Geographic tydskrif.
beb6bb4ca98e4045ba9bb3612cfbfa12
Hier is ‘n skets uit die tydskrif:

‘n Voorstelling van Homo Naledi in National Geographic.

‘n Voorstelling van Homo naledi, met die artikel wat in die jongste uitgawe van die National Geographic verskyn.

Beslis nie mamma se mooiste nie, maar beslis ‘n oer-voorvader. Homo sapiens sapiens (die mens soos mense vandag lyk) het sowat 200 000 jaar gelede ontstaan. Homo naledi is deur die span van prof Lee Berger van Wits in die Dinaledi grot se grafkelder in die Wieg van die Mensdom ontdek.

Beslis nie mamma se mooiste nie, maar beslis ‘n oer-voorvader met ‘n brein so groot soos ‘n lemoen, maar sodanig ontwikkel om rituele te bedryf soos om sy dooies te begrawe, gedrag van paleontoloë nie verwag het nie. Homo sapiens sapiens (die mens soos mense vandag lyk) het sowat 200 000 jaar gelede ontstaan. Homo naledi het nagenoeg 3.7 miljoen jaar gelede ontstaan en die beendere is deur die span van prof Lee Berger van Wits in die Dinaledi grot se grafkelder in die Wieg van die Mensdom, sowat 50 km noordwes van Johannsburg, ontdek.

Hominien of hominied?
Lees meer oor die verskil tussen hominien en hominied, en ander terminologie.
Hier is nog ‘n verduideliking, wel deur die Smithsonian museum.
En dis was die Australiese museum sê oor die benamings.
Lees meer oor hominiede op Wikipedia.

Lees die interessante artikel in die Britse koerant, The Telegraph.