Unieke foto’s van ’69 maanlanding vrygestel


Saam met grensverskuiwende ontdekkings op Mars wat al hierdie jaar in die media bekendgemaak is, het NASA pas meer as 8,000 foto’s van die maanlanding op Flickr vrygestel. Dié asemrowende hoë-resolusie foto’s is nog nooit deur die publiek gesien nie.

Die foto’s lyk asof hulle uit ‘n wetenskapsfiksierolprent kom. En die bar maanlandskap en vista’s van die aarde gee ‘n idee van die enormiteit van die sendings. Een van die foto’s, vermoedelik geneem deur Neil Armstrong, wys hoe Buzz Aldrin met moeite, as gevolg van die lae swaartekrag op die maan, uit die ruimtetuig klim

Die Apollo Archive-projek wat die foto’s geskandeer en gekatalogiseer het, is al 15 jaar gelede begin deur ‘n groep ruimte-entoesiaste. Dit sluit ook foto’s in wat aan boord van die ruimtetuig tydens die Apollo 11-sending  geneem is.

Mens kan waarskynlik verwag dat wanneer die eerste mense op Mars land binne die volgende dekade, die beelde net so ongelooflik gaan wees, indien nie meer nie.

Bron:dailymail.co.uk