Pacquiao se SA boksmaat gesels oor die GEVEG VAN DIE EEU


Ná meer as vyf jaar se onderhandelinge pak die wêreldboksers Manny Pacquiao (ook bekend as Pac-Man) en Floyd Mayweather (bekend as Pretty Boy) mekaar Sondagoggend 03h00 Suid Afrikaanse tyd in Las Vegas. Dit word “Die geveg van die eeu” genoem. Elke bokser sal sowat 400 miljoen dollar vir die geveg verdien; ‘n duiselingwekkende bedrag as jy dit in rand omsit.

RSG-sportaanbieder Jody Hendricks het hierdie week met Pacquiao se boksmaat, die Suid- Afrikaanse bokser Chris van Heerden (bekend as The Heat) al die pad uit Los Angeles gepraat.

Manny Pacquiane (links) en Chris van Heerden, die Suid-Afrikaanse bokser wat Pacq ken en sy insigte oor die boksers en die geveg met Jody gedeel het.

Manny Pacquiao (links) en Chris van Heerden, die Suid-Afrikaanse bokser wat Pacquiano se boksmaat is. Van Heerden het sy insigte oor die boksers en die komende geveg met Jody gedeel.

Luister hier na die onderhoud.

Jody Hendricks maak reg vir die eksklusiewe onderhoud met Chris van Heerden

Jody Hendricks maak reg vir die eksklusiewe onderhoud met Chris van Heerden

Meer oor Manny Pacquiao:

Manny Pacquiano

Manny Pacquiao

Emmanuel “Manny” Dapidran Pacquiao, PLH is ‘n Filippynse wêreldkampioen professionele bokser.Hy het reeds tien wêreldbokstitels agter sy naam en is die eerste en enigste bokser wat nog ooit daarin kon slaag om agt titels in agt verskillende gewigskategorieë te wen. Hy is die huidige WBO weltergewig bokskampioen.

Een van sy byname is Pac-Man.

Hy is op 32-jarige ouderdom tot die Filipplynse Huis van Verteenwoordigers verkies. Hy is ook betrokke by basketbal, is ‘n akteur en ‘n afgetrede sanger.
Hy is op 17 Desember 1978 in Kibawe in die Filippyne gebore (en is dus 36 jaar oud). Hy is 1.69 meter lank en weeg 65 kg.

Lees meer oor Pacquiao op Wikipedia.

Meer oor Floyd Mayweather:

Floyd Mayweather. Foto: Wikipedia

Floyd Mayweather. Foto: Wikipedia

Floyd Mayweather, Jr. is ‘n Amerikaanse beroepsbokser. Hy is tans onoorwonne as beroepsbokser. Hy is ‘n vyf-divisie wêreldkampioen en het tien wêreldtitels in die lineale kampioenskap in vier verskillende gewigskategorieë gewen.

Een van sy byname is Pretty Boy.

Hy is op 24 Februarie 1977 in Grand Rapids, Michigan (VSA) gebore en nou 38 jaar oud. Hy is 1.73 m lank en weeg 68 kg. Lees meer oor Mayweather op Wikipedia.

Meer oor Chris van Heerden:

Chris van Heerden, voormalige IBA weltergewigkampioen, wat nou sy boksloopbaan in die VSA voortsit en Pacquiano se boksmaat is.

Chris van Heerden, voormalige IBA weltergewigkampioen, wat nou sy boksloopbaan in die VSA voortsit en Pacquiao se boksmaat is.

Chris van Heerden is op 19 Junie 1987 gebore (nou 27 jaar oud) en is ‘n Suid-Afrikaanse beroepsbokser. Hy is ‘n voormalige IBO weltergewigkampioen en het twee keer sy titel suksesvol verdedig. Hy het in 2013 na die VSA verhuis om sy boksloopbaan daar voort te sit en moes toe volgens die IBO reëls sy wêreldtitel prysgee. Hy woon nou in Los Angeles en is onder meer Pacquiao se boksmaat.
Lees meer oor Chris op Wikipedia.
Volg hom op Twitter: https://twitter.com/theheat001

Lees meer oor die GEVEG VAN DIE EEU.