RSG bloei vir ander…word deel van die bloedfamilie


RSG en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) span die hele Julie saam om luisteraars te oortuig om ‘n familie van toegewyde bloedskenkers te word.

Bloed red Lewens is nie maar net ‘n afgesaagde slagspreuk nie, dis die werklikheid. Almal van ons ken seker iemand wie se lewe, of wie se kwaliteit lewe, gered is deur ‘n bloedoortapping. RSG probeer ook met hierdie veldtog die boodskap van omgee vir jou medemens uitdra en stewig vestig; daardie ubuntu-lewe wat Nelson Mandela so mooi uitgeleef het in sy lewe en so graag sou wou hê moet voortleef as sy nalentenskap.

Jy gaan deur die loop van Julie verskeie bydraes en insette oor bloedskenk hoor, maar alles kom eintlik daarop neer dat ons graag sal wil hê dat jy iewers in hierdie maand die behoefte kry om as ‘n bloedskenker te registreer en dan vorentoe aktief bloed te skenk. Jou bloed kan dalk help waar bloed nodig is vir ‘n ma wat geboorte skenk, ‘n kankerpasiënt, ‘n kind wat deur ‘n vragmotor omgery is en in nog duisende ander gevalle.

Verlede jaar se veldtog op RSG het gelei tot ‘n rekordskenking van 3000 eenhede bloed; vanjaar mik ons na 6700 eenhede. Komaan, rol op daai mou of trui en gee jou arm!

Bloed RED lewens, dis nie net woorde in die wind nie.

Die vierjarige Jordan Pelser is vandag gesond nadat hy in 2014 vir leukemie behandel is. Hy is een van die pasiënte wat bloed- en bloedplaatjieskenkers bedank het omdat hy nie sonder bloedoortappings sou oorleef het nie. Lees meer.

Luister na die Praat Saam gesprek oor bloedskenk, deel 1 en 2.

Vir interessante feite oor bloedskenking, klik hier.

CIz6EASWIAAMSf6

RSG, Lynette Francis (voor) en die Monitor-span steun die bloedskenk-veldtog

SANBSOPPRAATSAAMINATELJEE

Die SANB is in die Praat Saam ateljee

GESKENKPAK SANBS

Die SANB se geskenkpak