Waarskuwing: Selfies is dodelik!


Slegte nuus vir narsiste. Nie net stel ons onsself in die verleentheid met selfies nie, maar klaarblyklik maak ons onsself dood ook. Twaalf mense het tot dusver vanjaar mense gesterf terwyl hulle probeer het om ’n selfie te neem. Vergelyk dit met slegs agt wat deur haaie doodgebyt is, berig UPROXX.

Dis vanselfsprekendheid dat die redes vir die sterftes nie die selfie is nie, maar eerder dat mense idiote is.

’n Toeris het vroeer vandeesmaand gesterf nadat hy by die trappe by die Taj Mahal afgeval het toe hy ’n selfie probeer neem het, berig die BBC. ’n Vrou in Moskou het haarself per ongeluk doodgeskiet terwyl sy probeer het om ’n selfie van haar met ’n vuurwapen te neem, en ’n man in Spanje is gegaffel terwyl hy ’n selfie probeer neem het tydens die Pamplona bulstormloop, volgens die Mirror.

Laaste een wat ’n selfie met ’n haai neem is ’n vrot eier!