Skud-dit-afx2 is hier!


Skud-dit-afx2 is hier! Luister elke Maandagoggend kort na tien-uur na Oggend op RSG vir ‘n nuwe en maklike weeklikse eetplan wat jou kan help om oortollige gewig af te skud. Elke Vrydag kort na tien-uur gee ons wenke en raad. Die eetplan begin 10 November en eindig die week van 15 Desember.

health

Mari Hudson het saam met geregistreerde dieetkundige Annchen Weidemann gespan om ‘n baie vereenvoudige eetplan aan luisteraars te bring. Die nuutste navorsingsbeginsels word toegepas.

Mari sal elke Maandagoggend omstreeks tien-uur die eetplan vir die week verskaf, en elke Vrydag ‘n paar wenke gee. Annchen sal ook op gereelde basis luisteraars se vrae beantwoord.

Ons sal ook luisteraars lei na die gedetailleerde eetplan en spyskaarte wat verlede jaar in Skud-dit-af1 aangebied is. Skryf aan gesond@rsg.co.za, of klik hier om in te skryf vir ‘n nuusbrief waarin die skakels na die daaglikse eetplan en spyskaarte sommer onmiddellik vir jou beskikbaar sal wees.

Hier is die skakel na die die riglyne en eetplan vir Week 1.