Slim-drones ‘spin’ ‘n brug


Toepassings vir drones vermeerder by die dag. Hulle sal ook waarskynlik eendag jou koerant en jou pos aflewer. Maar hulle potensiaal strek veel verder as donkiewerk: Die slim Switsers in die video het byvoorbeeld drones geprogrammeer om ‘n brug van tou te bou, met komplekse knope en al. Die tegnologie kan nuttig wees vir ‘n verskeidenheid van take, maar konstruksiewerk en reddingswerk (veral in ‘n bergagtige land) is ooglopende kandidate.