Tien klein goedjies gewaarborg om jou op te beur op ‘n Maandag


Dat mens blou voel op Maandae, is ‘n byna universele waarheid. Navorsers het gevind dat 11:27 die tyd van die dag is wanneer jy die ongelukkigste voel, maar teen 2:35 nm is als weer beter.

Meningspeilings wys dat dit die klein dingetjies is wat jou gelukkiger laat voel:

  1. Om ‘n goeie daad vir iemand te doen.
  2. Onverwagse goeie dade deur vreemdelinge.
  3. Om ‘n winskopie raak te loop.
  4. Iemand gee jou ‘n spontane drukkie.
  5. ‘n Kompliment van iemand wat jy nie ken nie.
  6. ‘n Motor wat vir jou wag om die straat oor te steek.
  7. Jou troeteldier wat jou inwag wanneer jy by die huis kom.
  8. Om ‘n handgeskrewe brief in die pos te ontvang.
  9. Jou gunsteling liedjie wat op die radio speel.
  10. ‘n Vreemdeling wat jou groet.