London gaan 350 jaar later weer brand – kyk Sondag regstreeks

London gaan 350 jaar later weer brand – kyk Sondag regstreeks


Vandag, presies 350 jaar gelede, op 2 September, 1666, het die Groot Brand van Londen die stad bykans vernietig.

Ter herdenking van die brand, hou Londenaars groot makietie met die “Londen burning” fees van 2 – wat 4 September. Kyk op 4 September omstreeks 18h00 regstreeks op jou rekenaar of tablet hoe die modelle brand. Klik hier vir meer inligting.

Londen 1666

Great_Fire_London_portretDie vuur, wat selfs temperature van oor die 1500 Grade Celsius bereik het, het vir vier dae gewoed.

Meer as 13000 huise, 87 kerke, (ook die Sint Paulus Katedraal) en talle ander geboue het in die slag gebly. Die brand het meer as 100 000 mense dakloos gelaat is. Die lewensverlies is aanvanklik gering geag, maar nuwe navorsing toon dat daar moontlik duisende mense in die brand omgekom het.

Met só ‘n groot ramp wat talle Londenaars se lewens verwoes het, is daar ná die brand met alle erns gesoek na die sondebok. En almal wou weet: wie het die brand veroorsaak?

Esté Gross het gaan uitvind. Luister hier na die program:

Hier is enkele skilderye van die Groot Brand.
Screen Shot 2016-09-02 at 1.44.11 PM

2008

11699516_londons-burning-festival---350-years-after_td3f0f93

Great-Fire

Hier is skermgrepe en foto’s  van die houtmodelle van Wes-Londen in 1666 op die platboomboot.

Screen Shot 2016-09-02 at 1.40.23 PM

Voorstelling van huise wat aan die brand gesteek gaan word. Foto: Hannah Mckay/EPA

‘n Voorstelling van huise wat aan die brand gesteek gaan word. Foto: Hannah Mckay/EPA

Screen Shot 2016-09-02 at 1.41.49 PM

Screen Shot 2016-09-02 at 1.42.01 PM

londons-burning

Kyk hier na die video wat toon hoe die houtmodelle gebou is van geboue in Wes-Londen van 1666. Dit is op ‘n platboomboot en sal aan die brand gesteek word op die fees.