Totsiens Ahmed Kathrada!


Die struggle-veteraan, Ahmed Kathrada, is in die ouderdom van 87 in Johannesburgse oorlede ná ‘n kort siekbed. Kathrada het ‘n roemryke politieke loopbaan gehad, wat reeds in 1946 begin het. In 1963 was hy een van die aangeklaagdes in die Rivonia-verhoor, en het uiteindelik meer as 26 jaar in die gevangenis deurgebring, waarvan 18 jaar op Robbeneiland was. Ná 1994 het Kathrada as oudpresident Nelson Mandela se parlementêre raadgewer gedien. Hy het die Kathrada-stigting in 2008 tot stand gebring, en was in die jongste jare ‘n uitgesproke kritikus van die huidige ANC-leierskap.

Ahmed Kathrada, beter bekend onder geliefdes as Oom Kathy, is vroeg Dinsdagoggend in ‘n Johannesburgse hospitaal op die ouderdom van 87 oorlede. Kathrada is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem vir ‘n operasie weens ‘n bloedklont op sy brein. Die Ahmed Kathrada-stigting het Maandagmiddag aangekondig dat die struggle-veteraan se toestand die afgelope 24-uur versleg het en dat hy dubbele longontsteking het. Kathrada was, saam met Nelson Mandela en Dennis Goldberg, deel van die Rivonia beskuldigdes.

Hy word vandag begrawe.

‘There is no room for bitterness’, het hy in ‘n onderhoud in 2014 gesê.

Luister hier na RSG se terugblik op die lewe van die groot ANC veteraan.