Tower natuurbeelde op met klank


Volgens die Australiër Marc Anderson, natuurklankkunstenaar, fotograaf en die wenner van die 2014 “Most beautiful sound in the world” kompetisie, kan klank jou op ‘n kragtiger manier meevoer as ‘n foto – en jou laat voel asof jy ewe skielik in die middel van ‘n verafgeleë reenwoud staan.

Marc Anderson wil sy liefde vir klank met die wêreld deel en is die stigter van naturesoundmap.co.za. Op die webtuiste is ‘n wêreld natuurklankkaart wat gereeld aangevul word met bydraes van regoor die wêreld. Die klankkaart stel jou instaat om met net een klik van die muis op n klankreis te gaan. Marc Anderson vertel Este Gross meer oor die projek..

Maar eers neem Marc jou op ‘n klankreis…. maak jou oë toe…sit die radio harder en gaan saam ….

Jy staan nou op die oewer van die Murrumbidgee rivier, in Australië, voor jou is ‘n natuurtoneel, die laaste refrein van die dag – net voor die skemer val…

Gaan kyk gerus na foto’s van Marc wat besig is met klankopnames in die natuur en die video wat hy saamgestel het oor sy opnames in Maleisië….so terloops…daar is nog geen opnames van Suid-Afrika op die wêreldkaart nie, so as jy betrokke wil raak, gaan maak gerus n draai op die Naturesoundmap kaart. Enige iemand is welkom om n bydrae te maak, solank dit ‘n opname van hoë gehalte is.

Marc in die natuur

In ‘n reënwoud in Maleisië

Berge in die mis

Marc besig met opnames

Kyk na die video van ‘n opname wat Marc gemaak het in Maleisië:

Nog ‘n opname van Marc waarvoor hy die “Most Beautiful Sound in the World 2014” gewen het: Luister na die opname van ‘Dusk by the Frog Pond”. As jy dit wil aflaai, klik hier.

Webtuiste waarheen luisteraars kan gaan vir die klankkaart: www.naturesoundmap.com of www.wildambience.com