Vind uit hoe ‘n skenkernier deur sleutelgat-chirurgie uitgehaal word


Woensdag 15 Maart 2017

Het jy geweet dat dit nou moontlik is om ‘n skenkernier deur sleutelgat-chirurgie te verwyder, sodat die skenker binne 72 uur huis toe kan gaan? Dít is een van die aspekte van nieroorplanting wat bespreek word, terwyl ons ook van die ontstellende redes wat bydra tot die tekort aan skenkerorgane in die land in die kollig plaas. Ons vestig ook die aandag op drie pasiënte wat op ‘n nieroorplanting wag – dit was vervat in die luisteraarsreaksie op die dokumentêr Twee Pasiënte, wat handel oor ‘n nieroorplanting, die ontvanger en die skenker.

Die skenker se nier word deur drie sleutelgat-snitte en deur een kort snit op die plek waar ‘n keisersnee gedoen word, uitgehaal.
Hier is sketse om te wys waar die snitte gemaak word en hoe die instrumente daarin pas.