Wakeboarding is vir adrenalienvrate


Die mens is alewig besig om sy uithouvermoë te beproef, en nuwe en meer uitdagende maniere te kry om dinge te doen. Só het wakeboarding van waterski en die skaatsplank ontstaan. Van toertjies op die grond tot toertjies op die water – watter een jy ookal verkies – moenie dink die landing op water is enigsins sagter as die op grond nie! Christelle van Tonder het by StokeCity in Midrand gaan kuier, waar Jan de Lange haar touwys gemaak het in hierdie waagsport.

Luister na die program.

En hier is die video:

Gaan kyk gerus op rsg.co.za hoe die pro Jan sy toertjies op die water doen en ook hoe ons eie Christelle van Tonder vaar op die bord. Vir meer besonderhde kontak Christelle by vantonderc@sabc.co.za