Wat is die nuutste in kankerbehandeling?


Kankerspesialiste is opgewonde oor die jongste verwikkelings in kankerbehandeling naamlik tweede generasie immunoterapie. Met die jongste middels en kombinasies van middels is dit byvoorbeeld moontlik om die oorlewingsyfer van gevorderde melanoom van 0 % op te skuif tot sowat 68%.

Wat is immunoterapie en hoe werk dit? Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG, gesels vandeesweek met ‘n onkoloog oor dié middels wat hoop bring maar uiters duur is.

Dr Lizanne Langenhoven van Cancer Care (voorheen GVI Oncology) in Panorama, Wes-Kaap verduidelik meer oor kankerbehandeling.

Chemoterapie is soos ‘n haelgeweer, en tas alle selle in ‘n verdelende stadium aan. Dit kan dus ook gesonde selle vernietig. Dit is dus veral effektief teen vinnigverdelende kankerselle soos die meeste kinderkankers. Dit het baie en erge newe-effekte.
Geteikende terapie bind aan reseptore op die kankersel en verhoed dat die kankersel verder kan verdeel. Voorbeelde is Herceptin. Dit is baie effektief met minder newe-effekte as chemoterapie. Die kankerselle kan egter muteer sodat die middel nie meer doeltreffend is nie.
Immunoterapie: Met die eerste generasie immunoterapie is die liggaam se eie immuunstelsel aangeskakel. Met die tweede generasie immunoterapie is spesifiek die T-selle se afskakeling afgeskakel om aan te hou om teen die kanker te veg.
Die behandeling is doeltreffend teen spesifieke kankers soos gevordere melaonoom teenkankerselle waarvoor daar voorheen glad nie behandeling was nie.

Die middels is baie duur, maar daar is gelukkig kliniese studies aan die gang, wat die middels bekostigbaar maak.

Hier is inligting oor die kliniese proefnemings wat dalk vir jou kan help.

As jy meer wil uitvind, kontak Cancer Care:

http://cancercare.co.za/

Hoofkantoor Kaapstad: 021 944 3609, info@cancercare.co.za

 

Die menslike T-sel, wat met die nuutse generasie immunoterapie aangeskakel bly.