Wenke teen kuberbedrog


Internetbedrogkenner Basie von Solms gee weekliks ‘n wenk wat kuber bedrog kan voorkom.

Wenk 1 : Vernietig die CVV (Card Verification Value), ook bekend as die CCV (Credit Card Verification) nommer op jou kaart. Dis gewoonlik 3 syfers op die agterkant van jou kaart, langs jou handtekening, wat gebruik word om tydens n aanlyntransaksie te bevestig dat jy in besit van die kaart is. As jy die nommer uitkrap kan iemand wat jou kaart steel dit nie in n aanlyntransaksie gebruik nie. Maak egter baie seker dat jy die nommer onthou en dat jy nie die kaart beskadig nie.

Wenk 2 : Baie mense gebruik hulle aanlynbankprofiele slegs om gereeld n aantal vaste begunstigdes (TELKOM, Stadsraad, ens) te betaal en doen nie gereeld eenmalige betalings (once off payments) nie, en skep ook nie gereeld nuwe begunstigdes vir jou profile nie,. As dit die geval is, vra jou bank om jou profilel te ‘sluit’ sodat sulke eenmalige betalings of die skep van nuwe begunstigdes nie moontlik is nie. As iemand dan ongemagtigd in jou rekening inkraak, kan hy nie die geld uitbetaal kry nie, en jy is baie veiliger. Dit sal beteken dat as jy wel n nuwe begunstigde wil byvoeg by jou profiel, dat jy fisies na die tak toe moet gaan.

Wenk 3 : As jou kredietkaart of bankprofiel die fasilitiet het om jou per SMS te laat weet as iemand n transaksie op jou kaart of rekening doen, gebruik dit want dit skep n verdere vlak van beskerming.