RSG se 2 nuwe TV advertensies
RSG het twee nuwe TV advertensies – na ‘n droogte tydperk van meer as 15 jaar. Die Skapie-advertensie was die laaste professionele advertensies wat met die hulp van ‘n agentskap gedoen is.
Die advertensies, wat geskoei is op die handelsmerk-veldtog “Jy sal jou ore nie glo nie” en diere bevat, skop op Vrydag, 6 Februarie af, skryf Louise Jooste, bemarkingshoof van RSG.
Kyk hier hoe lyk die TV advertensie met die koei.
Kyk hier hoe lyk die TV advertensie met die kat.
Klik hier vir ‘n skedule van die kanale en tye waartydens dit uitgesaai sal word. In Maart sal dit ook op Kyknet te sien wees.