2022 se 1e dramaseisoen

Twee herdenkings, die wenners van verlede jaar se RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie, én die wenners van die eerste RSG – Nati Kwartkomediekompetisie kom aan die beurt. Soos gebruiklik begin die seisoen met die wenners van Sanlam & RSG se Radiodramaskryfkompetisie. Die veteraanregisseur, Johan Rademan het tydens vanjaar se eerste Oppiwater-kunstefees Albert Short se Die Nagbesoekers regstreeks voor ‘n gehoor opgeneem met onder meer Elma Potgieter in die rolverdeling.  Die drama word op 9 Junie uitgesaai. Die tweede viering van die seisoen is ter nagedagtenis aan Elsa Joubert wat vanjaar 100 jaar oud sou word.  Haar ikoniese Die swerfjare van Poppie Nongena is vir die radio verwerk deur Suzanne van Wijk.  In 2012 het Margot Luyt dit weer vir die radio opgevoer met onder meer Zenobia Kloppers, Christo Davis, Soswe Msuthu en Nic de Jager as verteller.  Hierdie argiefdrama word … Lees meer 2022 se 1e dramaseisoen