Nasionale Gesondheidsversekering – wat wag op pasiënte?


Praat Saam: Vrydag 7 Julie 2017
Suid-Afrika se gesondheidsdienste gaan onherroeplik verander, maar hoe gaan dit jóú raak, en mediese fondse en dokters en hospitale? Die witskrif om ‘n Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel (NGV) in te stel, is pas gepubliseer, en ná kommentaar word dit in wetgewing vervat. Wat is die implikasies van NGV vir my en jou – vir die dienste wat ons sal kan kry en die koste vir ons sakke?

Martelize Brink en Marí Hudson gesels met Prof Alex van den Heever, Gesondheidsekonoom van Wits, Dr Mohamed Abbas van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereninging (SAMA), Dr Johan Serfontein van die SA Privaatpraktisynsforum (SAPPF), en dr Rajesh Patel van die Raad vir Gesondheidsbefondsers (BHF), om lig te werp op dié saak.

 

Lees ook:

Deur Marí Hudson

© Mari Hudson