Brug op N3 stort ineen


NUUSFLITS] Die N3 is gesluit in Germiston in die ooste van Johannesburg. ‘n Brug het ineengestort. Die pad is gesluit vir verkeer tussen Van Buuren Weg en die M2 Geldenhuis-wisselaar. Verkeer word herlei.

Nuus
10 Augustus 2017: 07:00

Die N-3 tussen die Geldenhuyswisselaar en Gillooly’s in Germiston in Gauteng is oopgestel vir verkeer. Opruimingswerk het deur die nag voortgeduur nadat ‘n voetgangerbrug gisteroggend ineen gestort het. Die pad was tot laat gisteraand vir verkeer gesluit. Die LUR vir Vervoer, Ismail Vadi het gisteraand gesê die oorblyfsels van die brug, wat in 1978 gebou is, sal afgebreek word. Die padagentskap Sanral het vroeër gesê hy sal die oorsaak van die ongeluk saam met die Gautengse paaiedepartement ondersoek. Vyf mense is in die voorval beseer. Twee jaar gelede, in Oktober 2015, is twee mense dood toe steierwerk by die Graystonbrug in Sandton ineen gestort het.

Hier is enkele video’s

Hier is enkele foto’s:

 

Foto: Times Live

Picture: DANIEL BORN for THE TIMES

Foto: ER24

Foto: eNCA

Foto: Times Live

Foto: Tembisan

 

Categories