Barok in die bos!


Baroque in die Bush is ‘n sublieme driedaagse barok-musiek ervaring wat elke September aangebied word in die Kruger Nasionale Park. In die fees se 25ste bestaansjaar lei 16 musikante onder leiding van Maestro Dr Richard Cock vanjaar se musiekfees in met ‘n reeks middag- en aand uitvoerings waartydens interessante staaltjies ook met die gaste gedeel word. Die atmosfeer is gemoedelik en lok musiekliefhebbers van wyd en syd.

September is ‘n lieflike tyd in die Kruger – die dae is warm genoeg om smiddae te luier by die swembad, die aande is fris en sterbesaai, die bome staan in bot en soms word mens verras deur ‘n reënbui. Alles in ag genome, ‘n unieke manier om die skoonheid van die Afrika-bos te ervaar!

Vanjaar se konserte word aangebied in die Shingwedzi-kamp in die noordelike gedeelte van die Krugerwildtuin in die hart van Mopaneland. Die area is bekend vir die skilderagtige landskap en wildritte langs die Shingwedzi-rivier in die rigting van die Kanniedooddam met ‘n ryk verskeidenheid voëllewe, waterbokke, nyala, koedoes en olifante is ‘n moet vir natuurliefhebbers.

Baroque in the bush vind plaas tussen 16 en 25 September 2019 en bestaan uit 3 reekse vertonings oor 3 dae om van te kus en te keur:

Baroque 1: 16 tot 19 September, in op Maandagmiddag, uit op Donderdagoggend.

Baroque 2: 19-22 September, in op Donderdagmiddag, uit op Sondagoggend.

Baroque 3: 22 tot 25 September, in op Sondagoggend, uit op Woensdagoggend. (Dinsdag 24 September is ‘n openbare vakansiedag).

Daar is spesiale pakkette beskikbaar vir elk van bogenoemde driedaagse vertonings en dit sluit akkommodasie en aandete vir al drie nagte in, sowel as alle musikale gebeure vir die naweek. Uitgesluit is ontbyt en middagete, drankies, ander persoonlike items en natuurlik die Krugerpark se bewaringsfooi.

Vir meer inligting oor koste en meer besonderhede, klik hier of kontak Kim by epos: kim@montybrett.com of telefonies by 082 824 9378.