Maak reg vir CapeNature se #BlackFriday


Die helende kragte van die natuur is alombekend. CapeNature spog met van Suid-Afrika se mooiste ongerepte stukke natuur wat  wêrelderfenisgebiede, soos Matjiesrivier, Jonkershoek, Kogelberg, Grootvadersbosch, Robberg en Anysberg insluit. Op 29 November 2019 kry natuurliefhebbers weer die kans om deel te neem aan CapeNature se gewilde #BlackFriday aanbieding. Net vir daardie Vrydag, kry die publiek 50% afslag op geselekteerde CapeNature reservate.

 

Bederf jouself en jou geliefdes met ‘n ervaring wat hulle lank sal bybly – teen ‘n fraksie van die prys van ‘n gewone wegbreek. Ons stel die volgende stappe voor om die meeste uit #BlackFriday te kry.

In aanloop tot #BlackFriday kry een gelukkig RSG deelnemer die geleentheid om ‘n 2 nag wegbreek na ‘n CapeNature reservaat ter waarde van R5000 te wen. Om deel te neem, sê vir ons wat is jou gunsteling CapeNature reservaat – klik hier om deel te neem.

Wat is #BlackFriday?

Kliënte wat SLEGS op 29 November 2019 die aanlynbesprekingstelsel gebruik, kwalifiseer vir ‘n 50% -afslag vir besprekings wat gedurende die tydperk 15 Januarie 2020 tot 31 Maart 2020 by die volgende reservate gedoen word:

  • Weskus: Cederberg: Algerië en Kliphuis, Rocherpan
  • Wynland: Vrolijkheid
  • Kaapse Karoo: Gamkaberg, Gamkaskloof (Die Hel)
  • Tuinroete: Goukamma
  • Overberg: Grootvadersbosch, Kogelberg, Marloth

Hoe om te #BlackFriday:

Omdat #BlackFriday aanbiedinge net vir een dag geld is dit die moeite werd om voorbereiding te tref. Voltooi gou die 3 stappe hieronder vir die wegbreek van ‘n leeftyd:

Stap 1 → Stel jou alarm op Donderdag 28 November om 23:55 uur in. Onthou, as jy sluimer, verloor jy!

Stap 2 → Skep nou jou aanlyn besprekingsprofiel! Daar is geen tyd soos die hede nie.

Registreer vooraf by die CapeNature-besprekingsportaal, sodat daar geen vertragings op die dag is nie. Besoek www.capenature.co.za en kies die Book Online opsie aan die regterkant van die bladsy – dit neem jou na ons besprekingsportaal en voltooi die vorm.  Klik hier vir ‘n stap-vir-stap-gids oor hoe die aanlyn-besprekingsportaal werk.

Stap 3 → Maak jou keuse van CapeNature reservate – let wel: dit kan moeilik wees omdat al die reservate pragtig is – maar dit sal jou tyd bespaar op #BlackFriday. Besoek die CapeNature webwerk dan so vroeg moontlik op Vrydag 29 November 2019 wanneer die afslagbesprekingsskakels beskikbaar sal wees!

Vir enige vrae het, stuur ‘n e-pos na info@capenature.co.za of kontak die inbelsentrum by 087 087 8250.