Stem en wen


CapeNature bestuur 24 van die mooiste natuurreservate in die Wes-Kaap wat oornagverblyf, kampeer plekke en ‘n verskeidenheid aktiwiteite aanbied. Ontsnap na ‘n wêreld van stilte en natuurskoon.

Op 29 November 2019 kry natuurliefhebbers weer die kans om deel te neem aan CapeNature se gewilde #BlackFriday aanbieding. Net vir daardie Vrydag, kry die publiek 50% afslag op geselekteerde CapeNature reservate. Klik hier om te sien hoe jy kan voorberei vir #BlackFriday se ervarings winskopies van die jaar. In aanloop tot #BlackFriday kry een gelukkig RSG deelnemer die geleentheid om ‘n 2 nag wegbreek vir 4 mense na ‘n CapeNature reservaat ter waarde van R5000 te wen. Om deel te neem, sê vir ons wat is jou gunsteling CapeNature reservaat – klik hier om deel te neem.

CapeNature bestuur 994 407 hektaar bewaringsgebiede in die Wes-Kaapse tot voordeel van die omgewing, ekonomie en werkskepping. Die reservate onder bewaring is bekend vir hulle unieke biodiversiteit – spesifiek plante waar die streek wêreldwye erkenning geniet as deel van UNESCO se Cape Floral Kingdom.

CapeNature se Grootvadersbosch reservaat in die Langeberg streek.

CapeNature spog behoorlik met juweel reservate.  Wêrelderfenisgebiede, soos Matjiesrivier, Jonkershoek, Kogelberg, Grootvadersbosch, Robberg en Anysberg en reservate soos Lambertsbaai, Stony Point, Rocherpan of Vrolijkheid spoke met ‘n unieke verskeidenheid diere- en voëllewe.

Besoek CapeNature se webtuiste www.capenature.co.za vir meer inligting, of skakel  087 087 8250 vir navrae oor dié spesiale geleentheid. Standaard Bs & Vs geld.