Mediese litigasie ruk hand-uit


Donderdag 7 September 2017

Mediese regskostes het ontplof. Só het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi in Junie al sy kommer uitgespreek oor die manier waarop pasiente toenemend hof toe hardloop. In baie van die gevalle kan die geskille besleg word sonder daardie duur draai in die hof. Só glo advokaat Alan Nelson, voorsitter van MEDIATION IN MOTION, en ook voormalig n waarnemende regter in die WES-KAAPSE Hoog Geregshof. Trouens Minister Motsoaledi waarsku dat Suid-Afrika eenvoudig nie die soort litigasie kan bekostig in terme van vergoedings kostes nie. Hy glo dit sal die HELE gesondheid sektor uitwis.

Tans is medici and ander belanghebbendes juis besig om aanbevelings aan die S.A Regs-kommissie te maak met die oog op die samestelling van n witskrif. DIE aanbevelings se spertyd is 30 September.

In die Monitor ateljee by ons, om hieroor te praat is die president van die Suid-Afrikaanse Ginekologie vereniging, dr Johannes van Waart en Alan Nelson van Mediation in MOTION: