Afrika se lugruim nie veilig genoeg


Die organisasie vir burgerlugvaartnavigasiedienste, Canso, sê Afrikalande se lugvervoer moet dringend verbeter om die veiligheid van reisigers te verseker. Canso sê die trae ekonomiese groei in Afrika verhinder lugdienste op die vasteland om uit te brei. Volgens die organisasie sal die vasteland pro-akatief moet optree om die beoogde groei van agt persent in lugverkeer te verwesenlik. Canso se bedryfsbestuurder, Rafael Quezada, het op ‘n lughaweberaad in Durban gesê Afrikalande sal moet saamwerk om aan die internasionale standaarde van lugvervoer te voldoen.