Die politieke mag van vakbonde


Die minister van die Staatsdiens, Senzo Mchunu, sê vakbonde gaan ‘n kritieke rol in die staatsdiens speel om die regering se administrasie te laat slaag. Mchunu sê onlangse gesprekke met verskeie vakbonde was grootliks positief. Hy sê hy twyfel nie daarin nie dat die samesprekings sal help om die staatsdiens reg te ruk. Wat is die politieke mag van staatsamptenare?