Hoe sal die nuwe Gesondheidsplan pasiënte en dokters raak?


Hoe sal die nuwe Nasionale Gesondheidsversekering en die wysigings aan die Wet op Mediese Skemas pasiënte en dokters raak?

Marí Hudson gesels in Praat saam (Donderdag 5 Julie 2018) met Dr Johan Serfontein van die SAPPF en prof Greta Dreyer, president van SASOG.
Sal dokters land-uit gaan? Sal jy steeds jou chroniese medisyne kan kry? Sal jy jou dokter kan kies? Watter dienste sal gratis wees? Waar sal mediese fondse inpas? Sal premies verhoog as bybetalings verdwyn? Sal jy steeds duur medikasie kan kry wat jou mediese fonds tans betaal? Dis enkele van die vrae wat bespreek word.

Het jy geweet dat om die nuwe Gesondheidsplan bekend as NGV aan te bied aan almal, sowat R250 miljard in 2010 randwaarde sal kos, en baie meer in 2018 terme. Om dit gratis aan te bied, beteken die geld moet elders gevind word, en Minister Aaron Motsoaledi het gesê dit is Tesourie se verantwoordelikheid om die geld te vind. Om die NGV te befonds, en die geld moet elders gevind word, kan dit die volgende beteken:
– Indien dit van persoonlike belasting verhaal moet word, sal elkeen se persoonlike belasting met 33% moet verhoog;
– Indien dit van BTW verhaal moet word, sal BTW met 7% verhoog moet word na 22%;
– Indien dit van die brandstofheffing verhaal moet word, sal die brandstofheffing 15x verhoog moet word van R8 per liter tot R120 per liter. Die totale brandstofprys sal dan R128 per liter wees in 2018 terme.

Meer inligting

27 Junie 2018, Monitor – Gesondheidspraktisyns in Noordwes sê die Nasionale Gesondheids versekering skema se loodsprojek in die provinsie het reeds misluk. Die Vereniging vir Landelike Dokters in Suid-Afrika, Rudasa, sê meeste dokters wat by het projek betrokke was, is nie betaal nie en het daarom ophou werk. Maar as die loodsprojek van die Nasionale Gesondheids Versekerings plan, al in een provinsie misluk het, watter kans staan dit om landwyd sukses te behaal.

Anita Visser praat met ’n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse ginekologie vereniging, dr Johannes van Waart.

 

22 Junie, Spektrum – Die nuwe voorgestelde nasionale wetgewing vir gesondheidsorg gaan die bedryf oor-reguleer en tot sy ineenstorting lei, waarsku die ekonomiese raadgewer van die Optimum-beleggingsgroep, Dr Roelof Botha.

Suid-Afrika kan nie die stelsel bekostig nie, het hy aan Suzanne Paxton gesê.

Lees ook dié Nuusberigte oor die NVG

22 Junie 2018 9:00

Die raad van Gesondheidsorg-befondsers van Suid-Afrika het die wetsontwerp oor die Nasionale Gesondheidsversekering en die wysigingswetsontwerp oor Mediese Fondse, verwelkom. Die wetgewing is gister deur die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi aangekondig isDie doel van die wetgewing is om universele toegang tot gesondheidsorg vir Suid-Afrikaners te verseker. Die besturende direkteur van die raad, Katlego Mothudi sê egter daar is nog baie werk wat gedoen moet word voordat die NGV in werking gestel kan word.

Burgerlike organisasies raam dat die koste van korrupsie in die gesondheidsektor in die land jaarliks tussen 20 en 30 miljard rand beloop. Dit is die mening van Mark Heywood van Section 27. Sy organisasie het ‘n verslag van die Spesiale Ondersoek-eenheid bekendgestel wat volgens hom die voormalige LUR vir Gesondheid en die ANC se hoofsweep in Guateng, Brian Hlongwa, en ander senior amptenare in gesondheid betrek by korrupsie van meer as ‘n miljard rand. Heywood sê die mislukte openbare gesondheidstelsel moet eers reggeruk word voordat ‘n Nasionale Gesondheidsversekering suksesvol kan wees. Hy het gesê indien daardie 20 of 30 miljard rand teruggesit kon word in poste vir dokters en verpleegpersoneel, medisyne, ambulanse of klinieke met behoorlike infeksiebeheermaatreëls kan dit ‘n dramatiese verskil maak.

21 Junie 2018 17:00

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê hy glo dat pasiënte nie belas moet word met groot mediese rekenings nie, terwyl mediese fondse 60 miljard rand in reserwe het en nog meer wins maak. Motsoaledi het vanmiddag op ‘n nuuskonferensie in Pretoria aangekondig dat die Wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering in die staatskoerant gepubliseer is. Motsoaledi sê voorts die NVG sal as ‘n nie-winsgewende openbare entiteit bestuur word. Volgens die minister is die doel om gesondheidsdienste te verbeter, terwyl kostes binne perke gehou word. Motsoaledi sê die wetsontwerp, wat teen 2022 ‘n werklikheid kan wees, is om verligting te bring aan pasiënte wat nie behoorlike gesondheidsorg kan bekostig nie

21 Junie 2018 16:00

Die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering is in die staatskoerant gepubliseer. Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het die aankondiging op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gemaak. Die NGV is die regering se beleid oor omvattende gesondheidsorg en sal as ‘n nie-winsgewende openbare entiteit bestuur word. Die doel is om gesondheidsdienste te verbeter, terwyl kostes binne perke gehou word. Motsoaledi sê die wysigings is om verligting te bring aan pasiënte wat nie behoorlike gesondheidsorg kan bekostig nie. Motsoaledi het nie uitgewei oor die finansiering van die NGV nie, en sê die tesourie sal moet bepaal waar die geld vandaan sal kom. Hy sê daar sal hoofsaaklik gefokus word op primêre gesondheidsorg, terwyl die wet voorsiening maak dat die staat dienste van die privaat sektor sal kan bekom. Die verwagting is dat die NVG oor vier jaar in werking sal tree.

Die NVG-plan soos gepubliseer in die Staatskoerant 21 Junie 2018

‘n Opsomming van die NVG-plan

Die voorgestelde wysigings aan die Mediese Skema Wet, is ‘n baie groot dokument. Klik hier as jy na die Staatskoerant van 22 Junie wil kyk.

Meer inligting

https://www.timeslive.co.za/ideas/2018-06-26-brace-yourselves-for-the-economic-ebola-that-is-nhi/

https://citizen.co.za/news/south-africa/1963495/nhi-fees-could-see-mass-exodus-of-doctors-expert/

https://www.iol.co.za/news/south-africa/anaesthetists-say-nhi-will-be-detrimental-to-profession-15692638

https://businesstech.co.za/news/government/253207/these-are-the-10-massive-medical-aid-changes-you-need-to-know-about/

https://www.iol.co.za/business-report/economy/here-the-changes-that-will-be-made-to-medical-schemes-act-15635820

https://www.biznews.com/sa-investing/2018/06/22/nhi-sa-health-care-system/