Informele sektor wemel van onwettige sigarette


Die onwettige handel in sigarette loop hand aan hand met staatskaping. Só glo die Tabak instituut, Tisa, na gesamentlike navorsing met Ipsos.

Die instituut beskuldig drie kleiner tabak maatskappye daarvan dat hulle aksyns belasting van minstens sewe miljard rand ontduik het. Volgens Tisa, is dié ongerymdhede moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens se doelbewuste besluit om inspeksies by tabak fabrieke te stop. Die besluit is onder leiding van die nou geskorste SAID-kommissaris Tom Moyanê gemaak.

Metzi van der Merwe berign dat die 2018 Nasionale Tabak Mark Studie toon dat byna 80 % van onwettige sigarette in die informele sektor verkoop word.

Luister ook

Die impak van onwettige sigarette op die SA ekonomie en rokers se sakke?
Watter impak het die verkoop van onwettige sigarette op die Suid-Afrikaanse ekonomie en rokers se sakke?

Waar koop jy jou onwettige sigarette?
Rook jy onwettige sigarette? Dié bedryf knou Suid-Afrrika se wettige handel. Waar koop jy joune?
Só lei sigaretrook tot longkanker
Ons weet die rook van sigarette lei tot longkanker, maar hoe werk dit? Wat is jou kans werklik? En het behandeling die afgelope jare verbeter? Marí Hudson praat met ‘n kankerspesialis oor die verskillende soorte longkanker en die jongste feite oor diagnose en behandeling.

Sigaretrook is groot oorsaak van styging in kop- en keelkanker
Wit vlekke aan die binnekant van jou mond en heesheid vir langer as twee weke is maar twee van die gevaartekens van moontlike kanker van die kop en nek. Dié soort kanker is besig om toe te neem, en is nou sesde op die lys van algemene kankers. Die toename is hoofsaaklik die gevolg van tabakrook, alkohol en die papiloom-virus. En e-sigarette is glad nie veilig nie! Marí Hudson gesels met ‘n oor-, neus- en keelchirurg oor dié soorte kanker, die gevaartekens, wie die grootste gevaar loop om dié kanker op te doen, en oor gratis siftingstoetse wat op 11 April in Pretoria aangebied word.

E-sigarette: Nou spring jy van 4-verdiepinggebou en nie 10-verdiepinggebou
‘n Mens sien al hoe meer mense wat e-sigarette rook, of vape. Is e-sigarette veiliger as gewone sigarette? Bevat dit enige kankerwekkende stowwe? Kan dit gebruik word in jou poging om op te hou rook? Marí Hudson praat met ‘n longspesialis oor dié kwessies.