Los SA waterkrisis só op


Dinsdag 31 Oktober 2017

Suid-Afrika se water krisis is nie beperk tot die Kaap nie, maar dit help nie om nou beskuldigings rond te slinger nie, ons moet praktiese oplossings kry wat op die lang termyn volhoubaar sal wees. So sê een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde water aktiviste, professor Anthony Turton verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Omgewingsbestuur.

Dinsdag 31 Oktober 2017

Daar word verskeie planne met water gemaak, maar dit beteken nie dat Kapenaars nou ‘n verskoning het om meer water te gebruik nie. So verduidelik die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille. Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap is op die oomblik 36,3%, waar dit verlede jaar 61% was. De Lille het aan Melissa Tighy vertel dat ‘n ontsoutingsaanleg reeds in Februarie twee miljoen liter water per dag aan die stad sal verskaf.