Vaal- en Hennopsriviere nou Riviere van Poef?


Baie mense is uiters bekommerd oor die besoedeling in die Vaalrivier, waar visse vrek, maar die Regering se aksies is traag en riool en ander stowwe vloei steeds ongestoord die rivier in. Die Hennopsrivier wat deur Centurion vloei, is ook erg besoedel. Groot en daadwerklike aksies is nodig.

Die Vaalrivier-besoedeling

Die Vaalrivier – Vrot van rou riool en dooie visse

Dinsdag 7 Augustus 2018 – Mense wat op die oewer van die Vaalrivier bly sê hulle kan nie meer toekyk hoe die water besoedel word nie. Johan de Klerk, die eienaar van die hengelbesigheid Twin Series Fishing, het ‘n video op sosiale media geplaas waarin hy sê die water is so besoedel dat dooie visse en voëls orals op die walle van die rivier lê. Anita Visser het met hom gepraat.

Die foto wys een van die plekke waar rou riool in die Vaaldam inloop. Foto: Peet Schabort.

Die Vaalrivier-streek se waterprobleme is ‘n groot kopseer vir die inwoners, sedert rioolwater vanaf die Emfuleni waterwerke in die rivier gestort is. Johan de Klerk, die eienaar van ‘n hengel-onderneming, het met Vincent Mofokeng gepraat…

Maandag 30 Julie 2018 – Die organisasie SAVE the VAAL dreig om regsaksie te neem teen die Departement van Water en Sanitasie, indien hy nie die besoedeling in die Vaalrivier stop-sit nie. Dit volg na verskeie videos op sosiale media wys hoe besoedeling in die

Dit borrel van die vrot weens rou riool en dooie visse in die Vaalrivier.

Parys-omgewing in die Vaalrivier plaasvind. In die videos word gewys hoe visse en ander diere in die rivier vrek, hou rou riool in die water dryf, en selfs hoe bloed in die rivier gestort word. Die organisasie Save the Vaal veg reeds sedert 2007 teen die besoedeling in die rivier. Moreen Steward, die adjunk voorsitter van die organisasie, sê dit is skokkend dat die department nie sy mandaat nakom en die rivier beskerm nie.

Bitter min lewe oor in die Hennopsrivier

Die besoedeling-skuim weens rou riool, lê dik in die Hennopsrivier.

Vrydag 3 Augustus 2018 – Die Hennopsrivier wat deur Centurion vloei van die Oos-Rand af, is so besoedel dat geen lewe meer daarin kan voortbestaan nie. Willem Snyman van die Fountain Rivier Environmental Sanctuary Hennops of FRESH sê daar is bitter min lewe oor in die omgewing en in die rivier.

Vrydag 3 Augustus 2018 – Die Hennopsrivier wat deur Centurion vloei was op ‘n stadium so besoedel dat restaurante in ‘n nabygelee winkelsentrum hulle deure moes sluit. Peet Du Preez die eienaar van Leriba Lodge wat op die wal van die Hennopsrivier gelee is sê hulle het alles probeer om die rivier skoon te kry. Hy sê daar word

Is die Hennopsrivier nou die Rivier van Poef?

soveel gemors in die rivier gestort dat die watervlak begin styg sonder dat dit gereen het

Vrydag 3 Augustus 2018 – Intussen sê Peter Sutton van die Tswane Metro dat hulle reeds begin het met projekte om die Hennopsrivier in die Tswane Metro skoon te maak.