Kritiek op grondhervorming-aanbevelings


AgriSA nie beïndruk met aanbevelings van die Adviespaneel oor grondhervoming en landbou nie

Ons het vroeër in die program berig oor die adviespaneel oor grondhervorming en landbou se aanbevelings, wat pas bekend gemaak is. Agri SA, die DA en die Vryheidsfront Plus, is ongelukkig oor die aanbevelings oor grondonteiening sonder vergoeding en veral dat Artikel 25 van die Grondwet verander moet word. Die adviespaneel sê egter daar moet streng gehou word by die sperdatums vir die inwerkingtreding van die aanbevelings, maar dat grondonteiening op so ‘n wyse moet plaasvind, dat dit nie voedselsekerheid bedreig nie. Anita Visser praat hieroor met die president van Agri SA, Dan Kriek.