Centurion-gemeenskap maak Hennops skoon


Die rommel en gemors word uit die Hennops verwyder. Foto: Facebook

Honderde inwoners van Centurion het die einde van Januarie begin om ‘n gedeelte van die Hennopsrivier in Centurion skoon te maak deur plastiek en ander sigbare opdrifsels te verwyder.

Die rivier loop deur die Ekhuruleni-, Johannesburg- en Tswane metro’s en is met plastiek, riool en ander gemors besoedel wat ongehinderd daarin vloei of gegooi word.

Die riool besoedeling was op ‘n tyd so erg dat die skuim oor die brûe wat oor die rivier loop, geborrel het.

Die rooi streep dui die vloei van die Hennopsrivier aan. Die Hennops is een van die groter rivier in Gauteng. DIt ontspring naby Kemptonpark en vloei net voor die Hartebeespoortdam in die Krokodilrivier in. Dit is een van Gauteng se mees besoedelde riviere.

Die grootste probleem tans is plastiek besoedeling. Die skoonmaak sessie het plaasgevind in Rivierview park, reg oorkant Supersport park in die skadu van die Gautrein spoorlyn.

Suzanne Paxton het verslag gedoen:

Kyk na die video deur Suzanne Paxton oor die skoonmaak-operasie:

Lees ook:

Vaal- en Hennopsriviere nou Riviere van Poef?

Plastiek versmoor ons oseane

Moenie gestrande seeskilpadjies teruggooi in see nie

https://en.wikipedia.org/wiki/Hennops_River