Die man en die vreemde wedvlugduif


Skermgreep uit die video van die wedvlugduif

Wedvlugduiwe maak hul gewoonlik nie by ander mense tuis nie, maar dit gebeur dikwels genoeg om nie te groot bohaai daaroor te maak nie.

Wanneer jy egter familie van FA Venter is en die duif keer elke dag terug sodat daar ‘n verhouding tussen julle ontwikkel, dan kry die storie ‘n ander kleur.

Gerhard Jooste van Durbanville in die Wes-Kaap het sy storie aan Izak du Plessis vertel.