Sloer Transnet doelbewus tot pensioenarisse dood is?


In die laaste 60 maande het meer as 20 000 Transnet pensioenarisse en hulle lewensmaats gesterf. Dit blyk uit  ‘n antwoord van die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, op ‘n Parlementêre vraag. Die Vryheidsfront Plus se voorsitter, Advokaat Anton Alberts, sê die klas-aksie wat Transnet-pensioenarisse teen Transnet en die regering ingestel het, word elke jaar weens regsprosesse uitgerek.

Luister na die gesprek:

http://rsg.co.za/…/…/klanke/2018_07_18_SPEKTRUM_TRANSNET.mp3

Luister ook

Transnetpensioenfonds is bewys van Regering se misbruik van pensioenfondse
Die hoof ekonoom van Economists.co.za, Mike Schussler sê die vakbond Fedusa se wantroue in die regering dra water. Schussler sê wat tans met die Transnetpensioenarisse gebeur is ‘n goeie voorbeeld van die regering se misbruik van pensioenfondse.

Hoe het die klasaksie gewerk waarin Transnet pensioenarisse geveg het vir hulle beloofde pensioenvoordele?
Wynanda Coetzee, die prokureur wat namens die meer as 66 000 pensioenarisse opgetree het, vertel aan Wessels en Igna Klynsmith hoe alles gebeur het, en waarom dit so lank geneem het sedert die benadeling reeds in 2003 begin het.

Igna beantwoord ook die luisteraarsvrae:

– of jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf mag uitverhuur, en

– watter regstelsel van toepassing is as jy in die buiteland trou.