Is Guptas se verkope weer fnuikery?


Nuus 23 Augustus
Kenners sê die omstredenheid waarin die Guptafamilie se Tegeta-mynmaatskappy gehul is, sal nie verdwyn bloot omdat die maatskappye van eienaar verwissel nie. Oakbay Beleggings het vroeër aangekondig dat hy Tegeta vir bykans drie-miljard-rand verkoop aan Charles King SA wat in Switserland gebaseer is. ‘n Professor in maatskappyreg, Tshepo Mongalo sê die uitslag van die hangende ondersoek na staatskaping waarby die Gupta’s betrek word, kan ‘n direkte invloed op Tegeta se waarde hê. Die finansiële direkteur van Oakbay, Ronica Ragavan het vroeër aangevoer dat die transaksie ‘n poging is om werksgeleenthede te red en die waarde van die maatskappy te beskerm. Mongalo sê egter dit kan opportunisties wees van die Gupta’s om van so ‘n omstrede bate ontslae te wil raak. Hy sê enige koper moet bedag wees daarop dat hy moontlik nie volle waarde vir sy geld mag kry nie. Oakbay het Maandag aangekondig dat hy sy mediabelange, The New Age-koerant en televisiekanaal, ANN7 vir 450-miljoen rand verkoop.
Die Gupta-beheerde Oakbay Beleggings het bekend gemaak dat hy sy Tegeta-mynmaatskappye vir bykans drie miljard rand verkoop. Die maatskappy word aan Charles King SA verkoop wat in Switserland gebaseer is. Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het verlede jaar in ‘n verslag oor staatskaping die kommer uitgespreek oor Tegeta se rol in die lewering van steenkool aan Eskom. Die ooreenkoms tussen Eskom en Tegeta word ook deur die Parlement en die Spesiale Ondersoekeenheid bekyk. Oakbay het Maandag aangekondig dat hy sy mediabelange, The New Age-koerant en televisiestasie, ANN7 vir 450-miljoen rand verkoop.
Die waarnemende finansiële direkteur van die Gupta-beheerde Oakbay Beleggings, Ronica Ragavan sê die beweegrede agter die verkoop van sy Tegeta-mynmaatskappye, is om werksgeleenthede en die maatskappy se waarde te beveilig. Ragavan sê in ‘n verklaring die ooreenkoms met Charles King SA wat in Switserland gebaseer is, teen ‘n koste van bykans drie-miljoen-rand, stipuleer dat die koper 30-persent van die aandele aan ‘n swart ekonomiese bemagtigingsvennoot toeken. Sy sê ook die transaksie gee Oakbay die geleentheid om sy naam in ere te herstel te midde van ‘n reeks media-onthullings. Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het verlede jaar in ‘n verslag oor staatskaping haar kommer uitgespreek oor Tegeta se rol in die lewering van steenkool aan Eskom. Die ooreenkoms tussen Eskom en Tegeta word ook deur die Parlement en die Spesiale Ondersoekeenheid bekyk. Oakbay het Maandag aangekondig dat hy sy mediabelange, The New Age-koerant en televisiekanaal, ANN7 vir 450-miljoen rand verkoop.
Die Departement van Minerale Hulpbronne het die aankondiging oor die Gupta-beheerde, Tegeta-mynmaatskappy wat vir bykans drie-miljard-rand verkoop word, verwelkom. Tegeta is die fokus van ‘n forensiese ondersoek na sy steenkoolkontrakte met Eskom. Die finansiële direkteur van Oakbay Beleggings, Ronica Ragavan het vroeër aangevoer dat Tegeta werksgeleenthede met dié transaksie wil red. Oakbay het Maandag aangekondig dat hy sy mediabelange, The New Age-koerant en televisiekanaal, ANN7 vir 450-miljoen rand verkoop.
Ramaphosa ontken dat die regering Zuma beskerm
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sê die kwessie van staatskaping en die Gupta-familie sal nie onder die mat ingevee word nie. Hy het in die parlement gereageer op kwellings wat opposisieparlementslede geopper het dat die Guptas toegelaat sal word om die land ongestraf te verlaat. Kommer het ontstaan nadat die Guptas die afgelope dae van hulle bates verkoop het. Die Tegeta-mynmaatskappy is verkoop aan ‘n maatskappy in Switserland vir ongeveer drie miljard rand en mediabelange is verkoop vir 450 miljoen rand. Ramaphosa sê hy is seker president Jacob Zuma sal binnekort ‘n kommissie van ondersoek aanstel om bewerings van staatskaping te ondersoek. Ramaphosa het ontken dat die regering die familie beskerm. Hy sê niemand is bo die reg verhewe nie.
Gupta bedrog met melkplaas
Die DA-leier, Mmusi Maimane en die party se skaduminister van Justisie, Glynnis Breytenbach sal vandag ‘n dossier oor beweerde korrupsie by die Estina-suiwelplaas in Vrede in die Vrystaat aan die Valke in Pretoria oorhandig. Volgens die DA sal dit strafregtelike aanklagte teen verskeie lede van die Gupta-familie en hulle sakevennote, sowel as die Minster van Minerale Bronne, Mosebenzi Zwane aanvul. Die DA se skaduminister van Finansies, David Maynier het verlede maand aanklagte teen hulle ingedien. Volgens berigte het die Gupta-familie en hulle sakevennote 184-miljoen rand verdien uit die projek wat bestem was vir die bemagtiging van plaaslike inwoners en provinsiale landbou. Dertig miljoen rand van die geld is volgens uitgelekte e-posse aan die Gupta-troue op Sun City bestee. Die dossier bevat volgens die DA bewyse, insluitend die uitgelekte e-posse, wat owerhede sal toelaat om met vervolging te begin.
Monitor: Dinsdag 22 Augustus 2017
Jimmy Manyi het die Guptas se ANN7 en TNA gekoop. Prof Anton Harber praat oor die finansiering hiervan en die modus operandi van die transaksie

Gaan ‘n nuwe eienaar die beeld van die Gupta’s se koerant en nuuskanaal poets? Die New Age en ANN7 is gereeld gekasty oor beweerde bande en pro-Zuma propoganda. Nou het die Guptas het hulle aandele aan Lodidox verkoop vir 450 miljoen rand. Mzwanele Jimmy Manyi besit Lodidox. Vincent Mofokeng berig…

Ons bly by die storie: Soos jy pas gehoor het, het Mzwanele Jimmy Manyi die Guptas se aandele in die televisie-nuuskanaal, ANN7 en die koerant, The New Age gekoop. Daar word baie oor die transaksie gefluister. Daar was aanvanklik gerugte dat die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, die NOK, finansiering aan Manyi verskaf het. Hy het egter die gerugte in die kiem gesmoor en erken die finansiering kom van die Gupta’s self af. Die hoof ekonoom by Efficient Group, Dawie Roodt het aan Vincent Mofokeng gesê, ongeag wie die geld verskaf, die onderliggende politieke beweegredes sal die transaksie oorskadu.