Liberty kuberkraking: nog baie onduidelikhede


Die versekerings- en finansiële dienstegroep Liberty, ondersoek steeds presies hoe kuberkrakers by hulle stelsels ingebreek het. Die krakers eis ‘n losprys vir die inligting van kliënte in hulle besit. Liberty het gesê dat hulle nie die losprys sal betaal nie. Intussen sê ‘n rekenaar veiligheid spesialis van die maatskappy GTSP, Jacques van Heerden, dat die soort aanvalle nie nuut is nie…boonop begin kuberkrakers met nuwe aanvalsmetodes…..

Die Liberty-groep se bestuur sê dit blyk nie of enige kliënte geld verloor het toe kuberkrakers sy rekenaarstelsel binnegedring en ‘n afpersingsfooi geëis het nie. Liberty sê alle kliente se data, polisse en kontrakte is steeds veilig. Die finansiele dienste maatskappy sê hy is in volle beheer van sy rekenaarstelsel. Volgens die maatskappy het kuberkrakers hoofsaaklik toegang tot eposse verkry. Die beskerming van kliente se inligting is geprioritiseer en owerhede is Donderdag in kennis gestel dat daar onwettige toegang verkry is tot die maatskappy se rekenaarstelsel.