Mag mens Zuma met PW vergelyk?


Die bestuur van die Noordwes Universiteit gaan die politieke wetenskaplike Theo Venter ondersoek, na sy uitlating en ontleding oor oud-president Jacob Zuma. Venter en Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto WeSize Militêre Veterane, was verlede Dinsdag deel van ‘n bespreking op ons susterprogram, Praat Saam. Die bespreking het gegaan oor wat behoort die staat, en veral die ANC, se verantwoordelikheid teenoor oud-president Zuma te wees? Niehaus het tydens die bespreking vir Venter daarvan beskuldig dat hy rassistiese oortuigings teenoor Zuma het. In lig hiervan praat Anita Visser met die politieke wetenskaplike, Professor Anthoni van Nieuwkerk van WITS en Professor Jonathan Jansen, ‘n onderwyskundige verbonde aan die Universiteit Stellenbosch oor vryheid van spraak…