Beitbrug-grenspos word klug; ondersoek oppad


Die Departement van Binnelandse Sake gaan ondersoek instel nadat dit aan die lig gekom het dat sommige personeellede met biometriese veiligheidstoerusting by die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo, gepeuter het. Dit beteken immigrante kan die land binnekom en verlaat sonder vingerafdruk-identifikasie of sonder dat hul foto’s behoorlik nagegaan word. Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het tydens ‘n verrassingsbesoek aan die grenspos, gesê die feit dat met die toerusting gepeuter is, hou ‘n ernstige bedreiging vir die staatsveiligheid in.

Die Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, sê sy Departement is daartoe verbind om dienslewering by al sy dienspunte landwyd te verbeter. Dit volg nadat kliënte in kantore op Tzaneen en Musina in lang toue wag om gehelp te word. Gigaba het tydens ‘n verrassingsbesoek aan die Beitbrug-grenspos aan die SAUK gesê hy is daarheen om die ware toedrag van sake te gaan vasstel. Dit volg nadat hy ‘n video op sosiale media gesien het van ‘n amptenaar wat die heeltyd met haar selfoon besig was terwyl sy kliënte by die grenspos bedien het en per ongeluk ‘n paspoort twee keer gestempel. het.

Hier is die video wat opslae gemaak het:

Lees meer:
https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2018-03-14-cellphone-addicted-home-affairs-officials-bosses-are-in-trouble-too/