Geluk Zozi, ons Mej Heelal!


Ons eie Zozi dra die kroon.

Mej Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is pas in Atlanta as die nuwe Mej Heelal gekroon.

Zozibini is die derde Suid-Afrikaner die Mej Heelal kroon dran. Die eerste was Margaret Gardener in 1978 en Demi-Leigh Nel-Peters in 2017. Sy is ook die eerste Mej Heelal wat die nuwe “Power of Unity” kroon dra wat nagenoeg R73 miljoen werd is.

Zozi het met haar laaste antwoord stof in die oë van ander twee van die laaste drie finaliste geskop.

Kyk veral na die video waarin Zozi haar laaste vraag uitstekend antwoord.

En Oprah Winfrey het baie vinnig vir Zozi geluk gewens.