Nuwe korrupsie by SAUK-Raad ondersoek


Bongamusa Makhatini

Die voorsitter van die SAUK-Raad, Bongumusa Makhatini, sê hulle is bewus van die bewerings dat sommige raadslede betrokke is by onreëlmatige veiligheidstenders, en dat dit ondersoek word. Makathini het gister gereageer tydens die raad en die SAUK-bestuur se verskyning voor die Parlementêre komitee oor kommunikasie oor die openbare uitsaaier se kwartaallikse finansiële verslag. ‘n ANC- lid en sweep van die komitee, Lerumo Kalako, sê die bewerings oor die raadslede is deur ‘n fluitjieblaser onder sy aandag gebring. Makhatini sê die Spesiale Ondersoek-eenheid staan die raad by met die ondersoek na die bewerings.